Subscribe to the CalendaSA Weekly Email Newsletter.
CalendarSA
|
|
|||
|
Date: Tuesday, December 13, 2011 - 10:00 am
Duration: 1 Day 1 Hour
|
||
|
|||
|
Janneman in die Diereryk, 'n musiekblyspel vir kinders, word op Dinsdag 13 Desember by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl opgevoer.
Dié verhoogproduksie met Lochner de Kock, Cindy Swanepoel en Hilda Cronje, en musiek deur Riku Lätti, het reeds ‘n suksesvolle reeks vertonings agter die rug, waaronder by die KKNK. Die span roep dierekarakters tot lewe om die jong kyker opvoedkundig te vermaak deur middel van musiek.
Lätti is die dryfkrag agter die oorspronklike CD van Janneman in die Diereryk, wat verskillende musiekgenres insluit, waaronder jazz, pop, rock, country en klassieke musiek. Die CD, wat spog met bydraes van sterre soos Dorette Potgieter, Neil Sandilands en Albert Frost, sal by die vertoning te koop wees.
Lätti sê: “Kom stap vir 'n dag in die skoene van 'n wille klein kalant soos hy dinge en diere in die oerwoud ontdek. Maak vriende met Oupa die Uil wat iewers in die donkerte skuil en leer wat hy die graagste eet. Gaan saam na Koning Leeu se verjaarsdagpartytjie by die grootste boom langs die waterstroom waar die koning woon. Ontmoet vir Skilpad in die hangmat nadat hy Hans Haas kafgedraf het. Kom leer die maklike liedjies en sing saam vir al die voëltjies. Gaan slaap saam met Janneman onder die sterre en luister na die diertjies van die nag.” Die vertoning, ten bate van die Taalmonument se Leesprojek, begin om 10:00 op die verhoog op die grasperk. Gaste kan hul eie eetgoed saambring of verversings by Volksmond Koffiewinkel koop (tel. 021 863 2800). Toegang by die hek is R50 vir kinders (gratis onder 3 jaar) en R15 vir volwassenes. Veilige parkering is beskikbaar en toegang word beheer. Geen honde word toegelaat nie. Indien die weer sleg is, word die vertoning afgestel.
Die volgende kindervertoning by die Taalmonument is ‘n optrede van Lollos op 21 Januarie. Vir verdere inligting oor geleenthede by die Taalmuseum of Taalmonument, skakel 021 872 3441 of besoek www.taalmonument.co.za |
|||
|
||

